SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

GRUNDLINGH, Louis. Transforming a wasteland to a premium sporting arena: The case of Ellis Park, Johannesburg, 1900s-1930s. Historia [online]. 2017, vol.62, n.2, pp.27-45. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2017/v62n2a2.

Na die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899-1902) was een van die doelstellings van Johannesburg se Brits-beheerde Stadsraad om voorsiening te maak vir openbare ontspanningsruimtes vir die blanke stadsburgers. Die vestiging en ontwikkeling van Ellis Park as 'n omvangryke sport sentrum was een van hierdie pogings. In 1908 het die stadsraad onbewoonde grond in New Doornfontein gekoop. Daarna is die eerste stap in die bereiking van hul grootse visie geneem, naamlik die bou van 'n swembad wat aan die vereistes vir enige internasionale kompetisie voldoen het. Die Eerste Wêreldoorlog het enige verdere ontwikkeling onderbreek. Die werkike grootskaalse uitbreiding sou in die 1920s plaasvind en het tennisbane, krieket- en rugbyvelde ingesluit. Teen die eindie van die 1920s kon die stadsraad en die Transvaalse Rugby Voetbal Unie, 'n belangrike aandeelhouer in die ontwikkeling, trots daarop aanspraak maak dat hulle die droom van die vestiging van 'n internasionale sportsentrum vir Johannesburg verwesentlik het. Ellis Park het 'n betekenisvolle stedelike aanwyser geword. Dit het 'n prestige simbool van 'n vinnig groeiende stad geword, 'n simbool van die transformasie van Johannesburg se stedelike omgewing na 'n moderne stad.

Palabras clave : Sport; ontwikkeling; swem; tennis; rugby voetbal; krieket; stadsraad; Transvaal Rugby Voetbal Unie.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons