SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 número2 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

GARCIA, Antonio. Airpower in the Union of South Africa's First World War campaign in German South West Africa. Historia [online]. 2017, vol.62, n.2, pp.1-26. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2017/v62n2a1.

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was vliegtuie hoofsaaklik gebruik vir verkenningsdoeleindes, en om vuurleiding te gee vir artillerie. Die eerste keer wat die Unie van Suid-Afrika militêre vliegtuie aangewend het in ʼn konvensionele rol, was tydens die veldtog in Duits Suidwes-Afrika (DSWA). Die stigting en operasionele aanwending van die Suid-Afrikaanse Vliegkorps, as deel van die Unieverdedigingsmag (UVM), het die magstruktuur en aanwending van die Suid-Afrikaanse troepe ter velde positief beïnvloed, veral in terme van die vergroting van die operasionele verkenningsektor. Sodoende het Generaal Louis Botha en sy stafoffisiere ʼn beter taktiese waardering van die gevegsfront gekry, wat ʼn daadwerklike invloed op die meegaande Suid-Afrikaanse gevegsontwerp gehad het. Hierdie artikel bespreek die rol en impak van lugoperasies tydens die veldtog in DSWA. Die veldtog was gekenmerk deur operasionele omsingelings wat op ʼn groot skaal uitgevoer was deur die UVM se kommando's. Teen die einde van die veldtog het lugverkenning gehelp om die ligging en sterkte van die Duitse magte vasgestel, wat die finale omsingelingsaanval van die UVM vergemaklik het.

Palabras clave : Duits Suidwes-Afrika veldtog; Unieverdedigingsmag; lugkrag; Eerste Wêreldoorlog.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons