SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue1The learning curve in the South African War: Soldiers' perspectivesThe Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind them author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

KATZ, David Brock. A clash of military doctrine: Brigadier-General Wilfrid Malleson and the South Africans at Salaita Hill, February 1916. Historia [online]. 2017, vol.62, n.1, pp.19-47. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2017/v62n1a2.

Brigadier-Generaal Wilfrid Malleson (1966-1946) het in 1886 sy kommissie ontvang in die Koninklike Artillerie, waarna hy in 1904 na die Indiese Leër toe verplaas is. Ten spyte daarvan dat hy deel was van veldmaarskalk Kitchener se staf tydens die Britse militêre missie in Afghanistan, was sy gevegservaring relatief beperk. Malleson is later verplaas na Oos-Afrika waar hy in bevel was van die Suid-Afrikaanse 2de Divisie tydens die katastrofiese aanval op Salaita-heuwel. Dit was die eerste geval, sedert die stigting van die Unieverdedigingsmag (UVM) in 1912, dat ʼn Britse offisier in bevel was van Suid-Afrikaanse troepe tydens ʼn geveg - met rampspoedige gevolge. Daar was diep onderliggende redes vir die UVM se eerste nederlaag teen ervare Duitse troepe onder die bevel van die uitgeslape kolonel Paul von Lettow-Vorbeck (1870-1964). Hoewel Malleson se gebrek aan gevegservaring ʼn rol gespeel het in die nederlaag, was dit grotendeels die ongeïnspireerde plan vir die aanval wat gelei het tot die UVM se mislukking.

Keywords : Jan Smuts; Suid-Afrika; Von Lettow-Vorbeck; Duits Oos-Afrika; militêre doctrine; Unieverdedigingsmag; Salaita-heuwel; maneuvreerende oorlogsvoering.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License