Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares en Google
Compartir
Historia
versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X
Resumen
GERDOV, Christian. A Scandinavian "Magna Charta"? The Scandinavian Corps and the politics of memory in South Africa (1899-1927). Historia [online]. 2016, vol.61, n.2, pp.54-78. ISSN 2309-8392. http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n2a3.
Hierdie artikel stel ondersoek in na die wyse waarop die Skandinawiese Korps, wat vir 'n kort tydjie aan die Boere se kant in die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899-1902) geveg het, en ook aan die Slag van Magersfontein op 11 Desember 1899 deelgeneem het, vanaf 1899 tot 1927 in Suid-Afrika onthou en herdenk is. Aanvanklik was die meeste Skandinawiërs wat in Suid-Afrika woonagtig was gekant teen die korps, en die oprigting van 'n monument om hulle te vereer het weinig belangstelling uitgelok. Die eerste monument se onthullingseremonie het egter aanklank gevind by die naoorlogse narratief van eenheid en broederskap tussen Boer en Brit in Suid-Afrika. In die 1920's het die korps se nagedagtenis onder Skandinawiërs herleef, vernaam deur die tydskrif Fram (Voorwaarts), sowel as die gedenkfeeste wat tydens die 25ste herdenking van die slag gehou is. 'n Nuwe monument is later opgerig en in 1927 onthul, en dieselfde narratief van broederskap en versoening het weereens die botoon gevoer. Deur middel van die korps se nagedagtenis het die Skandinawiese bevolking sy plek in die land gelegitimeer en sodoende toegewyde Suid-Afrikaners geword. Namate hulle egter ten volle in die wit Suid-Afrikaanse samelewing opgegaan het, het die Skandinawiese Korps se nagedagtenis klaarblyklik ookvervaag.
Palabras clave : Skandinawiese Korps; Suid-Afrika; broederskap; nagedagtenis; herdenking; monument; identiteit; ras.