SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

KLEYNHANS, Evert. A critical analysis of the impact of water on the South African campaign in German South West Africa, 1914-1915. Historia [online]. 2016, vol.61, n.2, pp.29-53. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n2a2.

Die Suid-Afrikaanse veldtog in Duits Suidwes-Afrika (DSWA) tydens die Eerste Wêreldoorlog was grotendeels beïnvloed deur toegang tot, die beskikbaarheid van, en die beheer oor alle waterbronne in die operasionele gebied. Die Unieverdedigingsmag (UVM) het die strategiese belang van beskikbare water besef, nog voor die inval van DSWA in 1914, veral omdat dit bekend was dat daar geen standhoudende waterbronne langs die verskeie invalroetes was nie. Die Suid-Afrikaanse militêre beplanners het deurgaans gevrees dat die Duitse magte die beskikbare waterbronne óf sou saboteer óf sou vergiftig. Dus het die beskikbaarheid van voldoende water voorrade, vir gebruik deur mens en dier, van strategiese militêre belang geword. Die weermag moes daarom van 'n aantal metodes gebruik maak om die groot aanvraag na water te bevredig. 'n Aantal boorgate is gesink in die operasionele gebied, en vars water is soms selfs per voertuig oor die Kalahari-woestyn aangery of vanaf Kaapstad verskeep. Die verskaffing van veilige drinkwater het sodoende die pas van die Suid-Afrikaanse veldtog in DSWA bepaal.

Keywords : Eerste Wêreldoorlog; Duits Suidwes-Afrika; Unieverdedigingsmag; offensiewe operasies; klimaat en terrein; water.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License