SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

DU PLESSIS, Irma. Johannesburg's "model white housing scheme" in the civic social imaginary: The genesis of a white Afrikaner welfarist node, 1933-1937. Historia [online]. 2016, vol.61, n.2, pp.1-28. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n2a1.

Die Jan Hofmeyr-skema was Johannesburg (en Suid-Afrika) se eerste gesubsidieerde stadsraadbehuisingskema vir wit armes en is in 1933 gekonseptualiseer. Die projek het gespruit uit 'n poging om krotbuurte op te ruim en is deur die modernistiese verbeelding van rasionele stadsbeplanning en die sosiale hervormingsaspirasies van groengordel-voorstedelike behuisings-intervensies vir die werkersklas in metropolitaanse stede geïnspireer. Binne die raamwerk van Susan Parnell se invloedryke werk oor die verband tussen krotbuurt-opruiming rasse-segregasie en stadsraadbehuising in Johannesburg, is hierdie 'n mikro-vlak ontleding van die ontstaan en voltooiing van Jan Hofmeyr en die siviele sosiale verbeelding wat hieraan beslag gegee het. Met 'n fokus op die onderskeid tussen burokratiese en politieke afdelings op plaaslike regeringvlak en in verband met die Openbare Gesondheidskomitee, word die argument aangebied dat die gesondheidsoffisier, Dr H.L. Milne en Lionel Leveson, 'n raadslid, elk 'n spesifieke visie vir die projek gehad het, maar dat burgerlike samelewingsorganisasies ook die projek beïnvloed het. Die skema was simbolies belangrik as vlagdraer van die stad se rasse-moderniteit. Gedurende die tydperk van die skema se konstruksie het 'n verskuiwing in die werksaamhede van OGK plaasgevind van 'n burokratiese fokus op sanitasie, higiëne en rasse-segregasie na die inkorporasie van 'n welsynsfunksie op plaaslike regeringsvlak. Kort na die voltooiing van die skema het die stad afgesien van sub-ekonomiese behuisingsskemas. Sosio-polities het Jan Hofmeyr se ligging met verloop van tyd daartoe bygedra om 'n wit welsynsnode in die weste van die stad te vestig en die area daar rondom toenemend "uit te wit" deur gedwonge verskuiwings. Die fondasies was dus gelê vir die latere belangrikheid van die breër gebied, asook die Jan Hofmeyr-skema, in die Afrikaner-nasionalistiese verbeelding. Tot in die vroeë 1990s sou die gebied 'n konsentrasiepunt vir projekte om arm en werkersklas Afrikaners op te hef bly.

Keywords : armblankes; munisipale behuisingskemas; Johannesburg; Jan Hofmeyr-skema; Octavia Hill; sosiale hervorming; rasse-moderniteit; sosiale verbeelding; Openbare Gesondheidskomitee.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License