SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1Tendense in populêre werke oor Suid-Afrikaanse rugby, 1948-1995: 'n Historiografiese studie índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

LAMBRECHTS, Lizabé. Performing the aporias of the archive: Towards a future for South African music archives. Historia [online]. 2016, vol.61, n.1, pp.132-154. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a10.

In Suid-Afrika, waar die nasionale geheue op 'n kontinue basis betwis word, word daar gereeld op argiewe en museums 'n beroep gedoen om objekte of materiële oorblyfsels van gekontesteerde verledes en geskiedenisse te berg. Boonop het argiewe reeds versamelings in hulle besit wat beskou kan word as omstrede. Indien ons hierdie instansies beskou as plekke waar geskiedenis geproduseer word, wat moet met hierdie objekte en versamelings gebeur in 'n demokratiese land? Hierdie artikel oorweeg die moontlikhede wat gebied word deur 'n kritiese ondersoek na die sisteme waardeur hierdie objekte geskep, beoordeel en gekatalogiseer en bewaar word, as een metodologie waardeur daar meer volledig omgegaan kan word met die wyses waarop hierdie bronne in die hede gemobiliseer kan word. As 'n gevallestudie, kyk hierdie artikel na die International Library of African Music (ILAM), een van die belangrikste musiekargiewe in die land. Die grootste deel van ILAM se versameling bestaan uit veldopnames wat gemaak is deur Hugh Tracey, 'n figuur wat beide gevier en betwis word. Die artikel stel voor dat, deur om te gaan met die prosesse en ambivalensie wat inherent deel van Hugh Tracey se opneem- en klassifikasie metodes was, ILAM oor die kapasiteit beskik om kritiese en genuanseerde insigte te lewer op een van die belangrikste versamelings van musiek in suidelike Afrika.

Palabras clave : Musiekargief; post-koloniale diskoers; International Library of African Music (ILAM); kritiese navorsing; argiefsisteme; katalogisering; klassifikasie; performatiwiteit.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons