SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

LAMBRECHTS, Lizabé. Performing the aporias of the archive: Towards a future for South African music archives. Historia [online]. 2016, vol.61, n.1, pp.132-154. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a10.

In Suid-Afrika, waar die nasionale geheue op 'n kontinue basis betwis word, word daar gereeld op argiewe en museums 'n beroep gedoen om objekte of materiële oorblyfsels van gekontesteerde verledes en geskiedenisse te berg. Boonop het argiewe reeds versamelings in hulle besit wat beskou kan word as omstrede. Indien ons hierdie instansies beskou as plekke waar geskiedenis geproduseer word, wat moet met hierdie objekte en versamelings gebeur in 'n demokratiese land? Hierdie artikel oorweeg die moontlikhede wat gebied word deur 'n kritiese ondersoek na die sisteme waardeur hierdie objekte geskep, beoordeel en gekatalogiseer en bewaar word, as een metodologie waardeur daar meer volledig omgegaan kan word met die wyses waarop hierdie bronne in die hede gemobiliseer kan word. As 'n gevallestudie, kyk hierdie artikel na die International Library of African Music (ILAM), een van die belangrikste musiekargiewe in die land. Die grootste deel van ILAM se versameling bestaan uit veldopnames wat gemaak is deur Hugh Tracey, 'n figuur wat beide gevier en betwis word. Die artikel stel voor dat, deur om te gaan met die prosesse en ambivalensie wat inherent deel van Hugh Tracey se opneem- en klassifikasie metodes was, ILAM oor die kapasiteit beskik om kritiese en genuanseerde insigte te lewer op een van die belangrikste versamelings van musiek in suidelike Afrika.

Keywords : Musiekargief; post-koloniale diskoers; International Library of African Music (ILAM); kritiese navorsing; argiefsisteme; katalogisering; klassifikasie; performatiwiteit.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License