SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1Exploring panarchy and social-ecological resilience: Towards understanding water history in precolonial Southern AfricaPerforming the aporias of the archive: Towards a future for South African music archives índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

DE WET, Wouter. Tendense in populêre werke oor Suid-Afrikaanse rugby, 1948-1995: 'n Historiografiese studie. Historia [online]. 2016, vol.61, n.1, pp.113-131. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a9.

Die hervatting van internasionale rugby na die Tweede Wereldoorlog het nuwe belangstelling onder rugby ondersteuners wêreldwyd gekweek. Tientalle populêre rugbyboeke het in die daaropvolgende jare in Suid-Afrika verskyn en rugby het een van die land se grootste sporte geword. Rugbyboeke het algemene items op Suid-Afrikaanse boekrakke geword. Hierdie artikel stel ondersoek in na die ontwikkeling van tendense in populêre Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing tussen 1948 en 1995. Tendense word geïdentifiseer en binne kontekstuele verband nagevolg deur middel van 'n noukeurige studie van die inhoud en stilistiese aspekte van die boeke. Daar word gekyk na wat in populêre rugbyboeke geskryf is, hoe daar geskryf is, en gevra waarom daar so geskryf is. Dit word duidelik dat hierdie tendense deur die veranderende politieke- en sosiale landskap van die twintigste eeu beïnvloed is. Die polities gemotiveerde betogings teen die Springbokke op oorsese toere, die uiteindelike internasionale sportboikot van die Springbokke, asook die koms van televisie in 1976 het elk 'n merkbare impak op Suid-Afrikaanse rugbygeskiedskrywing gehad.

Palabras clave : Suid-Afrika; twintigste eeu; rugby; historiografie; sport; Springbokke; sportboikot.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons