SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1Comparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

TEMPELHOFF, Johann. Exploring panarchy and social-ecological resilience: Towards understanding water history in precolonial Southern Africa. Historia [online]. 2016, vol.61, n.1, pp.92-112. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a8.

Tans is daar 'n groeiende korpus van werk op die terrein sosiaal-ekologiese veerkragtigheidstudies. Een voorbeeld is die baanbrekerswerk van Gunderson en Holling (2002) oor panargie. Die werk het 'n betekenisvolle invloed op samewerking tussen die natuur- en geesteswetenskappe uitgeoefen. Dit wil voorkom asof die dissipline van geskiedenis by dié interaksies kan baat vind - veral binne die raamwerk van panargieteorie. In die voorstevoeder van die panargie-siklus het Gunderson en Holling die konsep van "herinnering" ingevoer wat 'n progressiewe en bewegende tendens voorwaarts inlei. Dan volg 'n fase of vlak van bewaring en die verantwoordelike eksploitering van die natuurlike hulpbronne. In die panargiemodel is die fase duidelik tot op 'n punt waar daar 'n onafwendbare proses van kreatiewe destruksie/ineenstorting plaasvind. Daarna word die weg voorberei vir hernuwing in die agterste kurwe van die panargieproses. Die verstaan van "herinnering" hou verband met institusionele herinnering, tradisionele kennis en prysenswaardige herinneringe aan hulpbronbewaring. In die artikel word o.m. aandag gegee aan herinnering wat die geleentheid skep vir die ontwikkeling van historiese denke. Deur 'n diskoers oor historiese bewussyn in te voer word herinnering deel van formele historiese denke. Die betekenis van "kreatiewe destruksie"/ineenstorting word derhalwe gekategoriseer in terme van Rüsen se voorstelling van singewing aan die krisisverskynsel. Interpretatiewe geskiedenisdenke kan derhalwe met gemak in panargieteorie staanplek kry. Terselfdertyd word die gebruik van herinnering, vanuit 'n sosiaal-ekologiese perspektief, gebruik om inheemse en/of plaaslike kennisstelsels, in verhouding tot die verlede, beter te verstaan. In die finale afdeling word kortliks aandag gegee aan die Ystertydperk in die geskiedenis van suider-Afrika (sowat 2001850 jaar voor die hede) wat spesifiek op watergeskiedenis en proto-stedelike ontwikkeling in die nedersettings van Mapungubwe en Groot Zimbabwe fokus. Die uiteensetting is noodwendig vaag en slegs in breë lyne aangestip. Die doelwit is om die leser se denke te stimuleer in die interpretasie van watergeskiedenis in pre-koloniale suider-Afrika.

Palabras clave : Panargie; kreatiewe destruksie; sosiaal-ekologiese sisteme; historiese bewussyn; stedelike ontwikkeling; Ystertydperk; suider-Afrikaanse pre-koloniale geskiedenis; Mapungubwe; Zimbabwe.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons