SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue1Trickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communitiesComparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

NYAMUNDA, Tinashe. The state and black business development: The Small Enterprises Development Corporation and the politics of indigenisation and economic empowerment in Zimbabwe. Historia [online]. 2016, vol.61, n.1, pp.41-65. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a6.

Hierdie artikel stel ondersoek in na die geskiedenis van die Small Enterprises Development Corporation (SEDCO), 'n Zimbabwiese staturêre liggaam wat gestig is om lewensvatbare klein- en medium ondernemings (KMO's) te finansier en te steun. Daardeur bestudeer die artikel die staat se wisselvallige swart ekonomiese bemagtigingsbeleid in die na-koloniale tydperk, veral gegewe SEDCO se agteruitgang nâ die totstandkoming van'n KMO-ministerie in 2002 en die daaropvolgende aanvaarding van die Verinheemsing- en Ekonomiese Bemagtingingswet van 2007. 'n Ontleding van sy geskiedenis is belangrik ten einde die aard en trajek van debatte oor swart ekonomiese bemagtiging te ontrafel. Die instansie se geskiedenis word ook onder die loep geneem om sodoende die staat se veranderende interaksie met swart besigheidsmense, naamlik dié wat geteiken is vir hulpverlening om historiese ongelykhede aan te spreek en toekomstige ekonomiese ontwikkeling te vestig, te verstaan. In hierdie opsig stel die artikel ook ondersoek in na vraagstukke betreffende die hantering van die koloniale nalatenskap en ekonomiese geregtigheid, met inagneming van die Zimbabwiese regering se aanvanklike gematigde houding jeens die belange van swart besigheidsmense, en die wyse waarop dit radikaal omgeswaai het na swart ekonomiese bemagtigingsretoriek ten einde kwynende politieke steun die hoof te bied. Die artikel verskuif die heersende akademiese fokus, weg van grondhervorming, deur gebruik te maak van SEDCO se ervaring om sodoende die "derde chimurenga" (ekonomiese vryheidsoorlog) vanuit die hoek van verinheemsing en ekonomiese bemagtiging te bestudeer.

Keywords : Zimbabwe; verinheemsing en ekonomiese bemagtiging; staatspolitiek; ekonomiese ontwikkeling; Small Enterprises Development Corporation (SEDCO).

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License