SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 número1The Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind themThe fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

MLAMBO, A.S.. "Zimbabwe is not a South African province": Historicising South Africa's Zimbabwe policy since the 1960s. Historia [online]. 2016, vol.61, n.1, pp.18-40. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2016/v61n1a5.

Hierdie artikel bevraagteken analises wat Suid-Afrika se Zimbabwiese beleid in die Mbeki-era vergelyk met dié van John Vorster se regering in die 1970's, en wat Mbeki se onvermoë of onwilligheid betreur om sy land se oënskynlik noemenswaardige hegemoniese mag te gebruik om Robert Mugabe tot 'n verantwoordbare regering te dwing. Daar is aangevoer dat net soos wat Vorster gebruik gemaak het van Suid-Afrika se magsoorwig om Ian Smith te "oorreed" om met sy land se swart nasionalistiese leiers te onderhandel, die Mbeki-regering, in plaas van sy "stille diplomasie", dieselfde roete moes gevolg het. Die aanname is dat daar in die tussentyd weinig verander het wat betref die verhouding tussen die twee lande, en dat Suid-Afrika steeds dieselfde mate van hegemoniese mag oor Zimbabwe gehad het. Hierdie artikel voer aan dat 'n meer historistiese benadering daarop wys dat die verhouding tussen die twee lande teen die 1990's só dramaties verander het dat Suid-Afrika nie meer dieselfde mag en invloed oor sy noordelike buurman kon uitoefen nie. Die streek se dertig jaar-lange vryheidsoorloë en die ANC se "morele skuld" teenoor die streek na dié se steun tydens die vryheidstryd het, tesame met ander faktore, daarop neergekom dat die verhoudingsdinamika tussen Suid-Afrika en Zimbabwe baie anders was.

Palabras clave : Zimbabwe; Suid-Afrika; diplomasie; hegemonie; Thabo Mbeki; Robert Mugabe; Rhodesië; sanksies; B.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons