SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número2From trusteeship to self-determination: L.J. du Plessis' thinking on apartheid and his conflict with H.F. VerwoerdKlaas Koen: identity and belonging in the Berlin Mission Society during the late nineteenth century índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

ROOS, Hilde. Eoan - Our Story: Treading new methodological paths in music historiography. Historia [online]. 2015, vol.60, n.2, pp.185-200. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/V60N2A9.

Hierdie artikel bespreek die gebruik van vernuwendes metodes vir die skryf van die geskiedenis van Westerse klassieke musiek in Suid-Afrika soos dit toegepas is in die publikasie Eoan-OurStory [2013). Mondelingegeskiedenis en gemeenskapsinteraksie is die primêre metodes wat gebruik is en ek voer aan dat dit moontlik geword het as gevolg van onlangse ontwikkelinge in die dissipline van musiekwetenskap. Die artikel begin met 'n kort uiteensetting van hierdie veranderinge van die afgelope paar dekades en belig die drieledige spanningsveld wat dit onderlê, naamlik die outonomie van musiek, musiek in sy kulturele en sosiale kontekste en die verlies van die idee van "die objektiewe feit" wat die posisie van die skrywer/verteller en die gebruik van taal op die voorgrond plaas. Eoan - Our Story vertel die verhaal van 'n opera, drama en ballet geselskap wat tydens die apartheidsjare in Suid-Afrika as 'n sogenaamde kleurling organisasie gefunksioneer het. Omdat hierdie groep (voor en na 1994) deur heersende politieke en artistieke diskoerse benadeel is, is 'n gedemokratiseerde metode gesoek wat voorheen stilgemaakte stemme ruimte gee om gehoor te word. Die boek is om daardie rede saamgestel deur 'n komitee wat uit vorige lede van Eoan en akademici bestaan het. In 'n omgewing waar die outoriteit van die akademikus plek moes maak vir ander prioriteite was die uitdaginge van die skryf van 'n boek deur 'n kommitee soos hierdie veelvoudig. Ek voer aan dat die die kreatiewe en innoverende resultate van hierdie proses positief afweeg teen die uitdaginge.

Palabras clave : Eoan Group; opera; musiekhistoriografie; New Musicology; mondelingegeskiedenis; gemeenskapsgeskiedenis; gemeenskapsinteraksie; Hobsbawm.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons