SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without endDealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott" author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

SNYDERS, Hendrik. Profits, harvests or public revenue? Divergent interests and guano fertiliser struggles in the Cape Colony; c. 1872-1910. Historia [online]. 2015, vol.60, n.2, pp.160-184. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/V60N2A8.

Tydens die eerste 50 jaar van sy bestaan was die Kaapse ghwano-handel in die hande van wins- en uitvoergedrewe entrepeneurs. Dié het deur middel van langtermyn eksploitasie-kontrakte beheer oor nabygeleë eilande uitgeoefen, wat hulle in staat gestel het om pryse vas te stel en die beskikbaarheid van ghwano vir hul eie gewin te reguleer. Onderlinge verdeeldheid, beperkte finansies, onkunde oor bemesting, sowel as gebrekkige samewerking, het aanvanklik gekoördineerde optrede deur die Kaapse boere in die wiele gery. Met die grondgehalte wat egter algaande verswak het, skadelike onkruid en kwynende oeste wat hul brood en botter bedreig het, het Kaapse boere deur middel van die vernuftige gebruik van protes, petisies en druk op hul openbare verteenwoordigers, uiteindelik daarin geslaag om die regering te noop om in te gryp, en sodoende toegang tot goedkoop, gesubsidieerde ghwano verkry. Die "ghwanopreneurs" en hul politieke bondgenote, wie se aandeel in dié winsgewende handel daardeur in gedrang gekom het, het dit heftig teengestaan. Die daaropvolgende stryd om beheer oor die Kaapse ghwano bemestingsmark was nie net tekenend van die entrepeneurs se laaste pogings om staatstoe-eiening van die produk te beveg nie, maar het ook 'n klein rolletjie aan ghwano toegeken in die politieke gebeure wat Suid-Afrika se Uniewording voorafgegaan het.

Keywords : ghwano; bemesting; boere; Kaapkolonie; entrepreneur.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License