SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without end author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MASAKURE, Clement. "One of the most serious problems confronting us at present": Nurses and government hospitals in Southern Rhodesia, 1930s to 1950. Historia [online]. 2015, vol.60, n.2, pp.109-131. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/V60N2A6.

Hierdie artikel handel oor tekorte aan verpleegpersoneel, en die verband tussen die probleme wat dit veroorsaak het en die verskaffing van gesondheidsdienste in Suid-Rhodesië vanaf die middel-1930's tot 1950. Daar word ondersoek ingestel na die oorsake van die tekort, en die uitwerking daarvan op verpleegsters, pasiënte en hospitale. Die Rhodesiese regering se reaksie hierop kom ook onder die loep. Ek voer aan dat beide interne en eksterne faktore die tekort veroorsaak het. Koloniale beleid, wat deur die rasse- en gender-ideologieë van die tyd beïnvloed is, was deels hiervoor verantwoordelik, maar so ook Rhodesië se afhanklikheid van buitelandse verpleegsters. Die Tweede Wereldoorlog het swart verstedeliking versnel, en sodoende gesondheidshulpbronne in stedelike gebiede onder druk geplaas. Dit is belangrik om hierdie elemente van nader te bekyk, ten einde verpleegsters se alledaagse werk en die verskaffing van gesondheidsdienste te ontleed. Dit is ook belangrik om vas te stel hoé die probleem die owerhede genoop het om verpleeg-beleid aan te pas. Pogings om die situasie te aan te spreek het die weg gebaan vir die opleiding van swart verpleegsters. Dit het in 1958 'n aanvang geneem en het mettertyd die struktuur van die Suid-Rhodesiese Verpleegdienste omvorm.

Keywords : tekort aan verpleegsters; verskaffing van gesondheidsdienste; hospitale; Suid-Rhodesië.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License