SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MOUTON, F.A.. "Had it too easy?" Frederik van Zyl Slabbert's resignation as leader of the official parliamentary opposition, 7 February 1986. Historia [online]. 2015, vol.60, n.2, pp.68-86. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/V60N2A4.

Vir Frederik van Zyl Slabbert was sy bedanking as die leier van die Progressiewe Federale Party en die amptelike parlementêre opposisie op 7 Februarie 1986 'n poging om blankes te waarsku dat Suid-Afrika op die rand van 'n rasse-rewolusie was; dat die parlementêre stelsel apartheid verskans het en nie gebruik kon word om daarvan ontslae te raak nie. Sy bedanking was dus 'n beginselvaste en opofferende politieke handeling, 'n daad wat politieke moed geverg het. Die werklikheid is egter meer kompleks en dubbelsinnig. Die aanklag van die joernalis Ken Owen dat die probleem nie by die parlementêre stelsel berus het nie, maar by Slabbert, moet ernstig opgeneem word. Volgens Owen was dit 'n geval dat Slabbert te vinnig opgang in die politiek gemaak het, en gepaardgaande daarmee nie terugslae kon verwerk nie. Hierdie artikel kom tot die slotsom dat Slabbert 'n begaafde persoon was, maar dat hy nie die nodige taaiheid (die vermoë om met 'n hardnekkig vasberadenheid aan te hou veg, ongeag die prys wat betaal moes word) om die leier van 'n klein liberale party in 'n rassistiese en konserwatiewe gemeenskap te wees, gehad het nie.

Keywords : Frederik van Zyl Slabbert; Ken Owen; Progressiewe Federale Party; amptelike opposisie; parlement; bedanking; apartheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License