SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

SUTTNER, Raymond. The Freedom Charter @ 60: Rethinking its democratic qualities. Historia [online]. 2015, vol.60, n.2, pp.1-23. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/V60N2A1.

Die Vryheidsmanifes word opnuut besoek as 'n demokratiese dokument met eiesoortige eienskappe wat vanuit Suid-Afrika se geskiedenis van verdrukking voortspruit. Dit is nie daarop gemik om die dokument te loof as iets wat vanselfsprekend waarde dra nie, ook nie om bepaalde belange te bevorder nie. Die doel is om die betekenis van die dokument se demokratiese karaktertrekke te ontrafel, naamlik in die herhaalde verwysing na "the people" (die mense) en veral in die klousule getiteld "The People Shall Govern!" (Die mense sal regeer!). Die artikel neem kennis van die feit dat dié klousule ten tyde van sy aanvaarding in 1955 gelyk gestel is aan algemene stemreg. Die belewenis van die 1980's, wat gekenmerk is deur 'n tydperk wat bekend gestaan het as "popular power" (populêre mag), het egter die klousule se betekenis verskerp en dit verbreed om die begrip van 'n populêre, direkte demokrasie in te sluit. Terselfdertyd word daar aangevoer dat populêre demokrasie nie noodwendig strydig is met verteenwoordigende demokrasie nie, veral nie as mens 'n bevrydende betekenis by die begrip "verteenwoordiging" inweef nie.

Keywords : Vryheidsmanifes; die mense"; verteenwoordiging; populêr; 1950's; 1980's; bevryding.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License