SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.60 número1The principles and priorities of Dr T.D. Greenlees, medical superintendent of the Grahamstown Lunatic Asylum, 1890-1907 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392

Resumen

NOBLE, Vanessa. Memory struggles: Remembering the apartheid era by University of Natal medical alumni, 1990s to the early 2000s. Historia [online]. 2015, vol.60, n.1, pp. 1-21. ISSN 2309-8392.  http://dx.doi.org/10.17159/2309-8392/2015/v60n1a1.

Die Universiteit van Natal se Mediese Skool het in die stad Durban in 1951 geopen en was een van die eerste in die land om swart studente op te lei as dokters in apartheid Suid-Afrika. Hierdie artikel beweeg egter weg van die poging om hierdie skool se sosiale geskiedenis vas te lê, en probeer om te besin oor die kwessie van geheue, veral die gekonstrueerde aard van herinneringe van alumni wat tydens die apartheid tydperk aan hierdie instelling gestudeer het. Die eerste deel van hierdie artikel beskou die gemeenskaplike geheue verhale wat in skriftelike en mondelinge vorm in die 1990's verskyn het. In hierdie tydperk is feestelike verhale wat studente se "eenheid in swaarkry" en hul anti-apartheid "struggle" aktiwiteite in die openbaar beklemtoon het bevoorreg en onthou. Maar, soos die tweede deel wys, het in meer onlangse jare, kritiese herinneringe in die openbaar verskyn wat hierdie triomfantelike vertellings uit gedaag het. In die vroeë 2000's het herinneringe wat kwessies van omstredenheid en verdeeldheid onder studente beklemtoon in die openbare domein uitgebars. Ek ondersoek die redes vir hierdie veranderinge in geheue asook die veranderende historiese kontekste wat hul produksie beïnvloed het. Verder, besin ek oor hoe die analise van die produksie van geheue nog 'n kritiekelaag byvowg tot die navorser se ondersoek van institusionele geskiedenis.

Palabras clave : Durban Mediese Skool; geheue; Universiteit van Natal; produksie van geskiedenis; apartheid; post-apartheid.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )