SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2"The story of a disease": African horsesickness and its direct influence on the necessary development of veterinary science in South Africa c. 1890s-1920s author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MULLER, Retief. Afrikaner socio-theological discourse in the early twentieth century: War and mission in J. F. Naudé and J. du Plessis. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.309-325. ISSN 2309-8392.

Die lewe en die werke van twee formatiewe en omstrede Afrikaner Christelike leiers, Jozua Francois Naudé, en Johannes du Plessis word in hierdie artikel bespreek na aanleiding van die temas van oorlog en sending. Albei se openbare loopbane het gestrek oor 'n tydperk wat beide die Anglo-Boereoorlog en die Eerste Wêreldoorlog beslaan het. Albei figure is belangrik in terme van die opkomende Afrikaner nasionalistiese diskoers, veral Naudé, aangesien baie van sy eie lewenskeuses gekenmerk is deur nasionalistiese aspirasies. Du Plessis bied 'n meer komplekse, selfs dubbelsinnige prentjie. Hy was omstrede genoeg om deur sommige Suid-Afrikaanse kerkgeskiedkundiges beskou te word as 'n verteenwoordiger van 'n alternatiewe Afrikaner Christelike diskoers wat uiteindelik die normatiewe neo-Calvinistiese nasionalisme van die religieuse hoofstroom sou uitdaag. Hul bydraes tydens die verskillende tydperke van oorlog word hier beoordeel en dit is duidelik dat J.F. Naudé 'n vurige deelnemer in die Boere se vroeëre stryd was, sowel as 'n ondersteuner van die Boere-Rebellie tydens die Eerste Wêreldoorlog. Du Plessis daarenteen het blykbaar 'n meer soepele verstaan van nasionalisme gehad. Aanvanlike was hy 'n stoere pro-Boere apologeet, maar later het hy 'n meer inklusiewe perspektief gehuldig.

Keywords : J.F. Naudé; Johannes du Plessis; Anglo-Boereoorlog; Eerste Wêreldoorlog; Afrikaner nasionalisme; Christendom.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License