SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 número2The role of the South African business community regarding political mobilisation in the run-up to a new South Africa, 1980-1992"The story of a disease": African horsesickness and its direct influence on the necessary development of veterinary science in South Africa c. 1890s-1920s índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

MANATSHA, Boga Thura. The politics of renaming "colonial" streets in Francistown, Botswana. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.269-288. ISSN 2309-8392.

Francistown is in die Noordoos-distrik geleë (deel van die eertydse Tati-distrik) in Botswana. Dit is in 1897 deur Daniel Francis, 'n /Engelse prospekteerder en die eerste direkteur van die Tati Concessions (tans bekend as die Tati Maatskappy). Die Tati Concessions het die Tati-distrik soos 'n kolonie binne 'n protektoraat bestuur nadat dit die distrik in die 1880's geannekseer en prakties gekoloniseer het. Dit was nie voor 1969 dat die maatskappy sy algehele beheer oor Francistown verslap het weens druk van die pan-Africanist Botswana People's Party wat in 1960 tot stand gebring is nie. Synde n voormalige setlaar-stad, het Francistown se straatname n tipiese Europese stad nageboots. Sedert 2008 is druk, hoofsaaklik van die kant van raadslede in die Francistown Stadsraad, uitgeoefen om die stad se naam te verander, name van koloniale strate te verander en sommige openbare geboue na plaaslike "helde en heldinne" te vernoem. In Februarie 2011 het die stad se hele raad uiteindelik 'n mosie aanvaar om koloniale straatname te verander. Die voorgestelde name is dié van politici (sommige wat reeds oorlede is, ander wat nog lewe). Die inisiatief is nog nie ten uitvoer gebring nie, maar die besprekings en die sogenaamde konsultasies word nog voortgesit. Die artikel ondersoek en plaas hierdie inisiatief binne n historiese en politieke konteks en toon aan hoe politici hierdie "edel" inisiatief manipuleer deur hul mag en gesag uit te oefen.

Palabras clave : Francistown; Botswana; straatbenaming; identiteitspolitiek; Daniel Francis.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons