SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue2On the republican idea: an exercise in remembranceThe Congregational Church in Uitenhage and the Group Areas Act author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

PORSEL, Christine. Unity, diversity or separation? The Bakgatla-ba-Kgafela in the borderlands of southern Africa. Historia [online]. 2014, vol.59, n.2, pp.252-268. ISSN 2309-8392.

Die integrasie van tradisionele instellings in die nadraai van kolonialisering en apartheid in Suidelike Afrika het nie alleen staatsbestuur en regspraak in individuele lande geraak nie, maar het ook 'n blywende stempel op tradisionele gemeenskappe en instellings afgedruk. Weens migrasie en veranderende koloniale grense het die Tswana-kapteinskap van die Bakgatla-ba-Kgafela in Botswana en in Suid-Afrika verskillende ontwikkelingsbane meegemaak, en beide dele van die stam-entiteit moes by verskeie sosiale omgewings, regsraamwerke en institusionele opsette aanpas. Die navorsing ontleed die gevolge van die geografiese verdeling en afsonderlike ontwikkeling van die Bakgatla-ba-Kgafela. Interne dinamiek soos aanpassing, modernisering en die oorneem van nuwe tradisies het opt eksterne faktore soos die impak van regs- en institusionele pluralisme in Botswana en Suid-Afrika ingewerk. Die artikel bespreek hoe die Bakgatla-ba-Kgafela hierdie struikelblokke hanteer het en of kohesie deur die tradisionele leierskap en gemeenskappebewaar is Na tydperke van noue samewerking, oorgrens-regering en onderlinge ondersteuning van die stam-leierskap word hulle tans deur ernstige bedreigings ten opsigte van stam-eenheid in die gesig gestaar,

Keywords : Tradisionele instellings; regs- en institusionele pluralisme; Bakgatla-ba-Kgafela; oorgrens-verhoudings.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License