SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.59 issue1The fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

COUPER, Scott Everett. "Hulle het hul deure oopgemaak vir swart kinders tot ons nadeel": Die kroniek van die Inanda Seminarie tydens die 1990s. Historia [online]. 2014, vol.59, n.1, pp.88-117. ISSN 2309-8392.

Gedurende die 1990's, het die sweer van institutionele verotting versprei soos die Seminarie gesukkel het om aan te pas by die veranderende natuur van opvoeding tydens die post-apartheid era. Die oorsprong van die verotting was die toenemende komplikasies van Apartheid se Bantoe-onderwys. Laasgenoemde was gedurende die 1950's geïmplementeer. Groot gapings is tussen staat asook privaatskole (slegs vir blankes) en die Seminarie oor die dekades geskep en aangemoedig deur Bantoe-onderwys. Soos die strukture van Bantoe-onderwys verslap het gedurende die 1980's, het die Seminarie meeste van haar finansieël en akademies bekwame student verloor. Hierdie leerders is na voorheen bevoordeelde, huidig multi-kulturele, skole. In die nuwe politieke klimaat van die 1990's, kon Inanda Seminarie nie meeding met die bevoorregte skole nie en verloor dus haar eksklusiwiteit as voorsiener van kwaliteit opvoeding vir swart meisies. Ongelykheid wat deur Apartheid veroorsaak is, gekombineer met die feit dat leerders self kon kies by watter skool hul onderrig wou word, het veroorsaak dat die Seminarie van al haar top leerlinge gestroop is. Tesame met Bantoe-onderwys, was die skool se ondergang deels veroorsaak deur die leierskap van die skool se finansiële wanbestuur. Die beheerliggaam het ontaard in 'n nes van konflik en selfverryking. Die spaarsamige kerk en 'n beheerliggaam sonder kreatiwiteit was gesamentlik skuldig aan besluitloosheid en passiwiteit. Hierdie artikel vertel die historiese gebeure van die ondergang van Inanda Seminarie gedurende 1990 tot 1996, voordat die skool se hekke gesluit is in 1997.

Keywords : Inanda Seminarie; Bantoe Onderwys; Amerikanse Raad; apartheid; Fanyana Mhlambo; Zamo Mkhize; United Congregational Church van Suidelike-Afrika.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License