SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2"Fools rush in": writing a history of the concentration camps of the South African War author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MARX, Christoph. Hendrik Verwoerd and the Leipzig School of Psychology in 1926. Historia [online]. 2013, vol.58, n.2, pp.19-119. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel handel oor die verblyf van Hendrik Verwoerd, in 1926, in Leipzig, Duitsland. Bewerings van 'n ideologiese invloed van Duitse Nasionalisme op Verwoerd kom herhaaldelik voor in die historiese literatuur maar dit is nog nooit onderskraag deur argivale bewyse nie. Die Psigologiese Instituut aan die Universiteit van Leipzig, waar Verwoerd gestudeer het, was polities die mees konserwatiefste, die ander twee was Hamburg en Berlyn, wat hy besoek het. Desnieteenstaande kon geen ideologiese invloed op Verwoerd gevind word in die argiewe in Suid-Afrika en Duitsland nie maar die wetenskaplike impak van die Duitse psigologie op hom kan nie ontken word nie. Die belangrikste rede waarom Verwoerd Duitsland besoek het was vir blootstelling aan die mees resente tendense in die internasionale psigologie. In Leipzig het hy onder die psigoloog Felix Krueger, die kinder psigoloog, Hans Volkelt en 'n spesialis in toegepaste psigologie, Otto Klemm, gestudeer. Sy belangstelling was in die algemeen gefokus op ontwikkelings psigologie, karakterologie en etniese psigologie (Völkerpsychologie) wat teruggevoer kan word na die bepalende invloed van Wilhelm Wundt, die vader van moderne psigologie in Duitsland. Waar Verwoerd se belangstelling in die verskillende vertakkinge van die psigologie gespruit het uit sy lang betrokkenheid by die "armblanke vraagstuk" in Suid-Afrika kon die Völkerpsychologie dalk 'n wetenskaplike invloed uitgeoefen het op sy latere persepsies aangaande ras en kultuur verskille wat op hul beurt weer apartheid beinvloed het.

Keywords : Hendrik Verwoerd; Afrikaner nasionalisme; apartheid; rassisme geskiedenis van psigologie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License