SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

HANEKOM, Wouter. The Simon van der Stel Festival: Constructing heritage and the politics of pageantry. Historia [online]. 2013, vol.58, n.2, pp.19-39. ISSN 2309-8392.

Die Simon van der Stel Fees was geïmplementeer as 'n jaarlikse geleentheid in Stellenbosch vanaf 1967 tot 2000, as 'n viering van die dorp se Nederlandse koloniale erfenis in die vorm van 'n verjaarsdag-viering van sy stigter. Die fokus van hierdie artikel val op die redes waarom so 'n fees geïnisieer was asook waarom Stellenbosch uitgeknip was tot die aanbieding van so 'n fees. Verder word die vordering van die fees nagespoor tot en met die hoogtepunt in 1979, wat 300 jaar sedert die stigting van Stellenbosch gevier het. Erfenis konstruksie, "pageantry" en die "kultus van die eeufees" word gebruik om te verduidelik waarom so 'n fees gestig was; die betekenis van so 'n fees op Stellenbosch; hoe dit verander het met tyd; wie was verantwoordelik vir die organisasie van die fees; wat die implikasies was om so 'n fees te behartig; asook waarom die fees tot 'n einde gekom het. Laastens word die Simon van der Stel Fees vergelyk met 'n soortgelyke fees, naamlik die Jan van Riebeeck Fees van 1952, wat die stigting van Kaapstad gevier het, alhoewel met meer openlike nasionalistiese ondertone.

Keywords : Afrikaners; Simon van der Stel; erfenis; "pageantry"; Nederlandse koloniale Kaap; Stellenbosch; kultus van die eeufees; Jan van Riebeeck; feeste; apartheid.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License