SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

BLIGNAUT, Charl. Doing gender is unavoidable: Women's participation in the core activities of the Ossewa-Brandwag, 1938-1943. Historia [online]. 2013, vol.58, n.2, pp.01-18. ISSN 2309-8392.

Afrikaner vroue het 'n belangrike rol in die Ossewa-Brandwag gespeel. Dié beweging het in Suid-Afrika bestaan tussen 1939 tot 1954. Vroue het deelgeneem aan 'n reeks aktiwiteite as deel van die OB Vroue-Afdeling. As beweging gebore uit Afrikaner nasionalisme, was vroue se agentskap hoofsaaklik beïnvloed deur die sogenaamde volksmoeder-ideaal. Ten einde te verstaan hoe normatiewe konsepte van gender, soos uitgebeeld in die volksmoeder, die agentskap van OB-vroue beïnvloed het, let hierdie artikel op hoe vroue, by wyse van hulle "doen" van gender, bygedra het tot die konstruksie en vaslê van die volksmoeder as normatiewe gender konsep in die OB. Die doel is dus op lig te werp op hoe tydgenote, wat lede was van die OB, geslagtelike verskil verstaan en gebruik het in hulle sosiale organisering. Deur te fokus op die kernaktiwiteite van die OB Vroue-Afdeling verken hierdie artikel hoe OB-vroue aktief besig was om gender te "doen". Daar word nie noodwendig 'n analise gemaak van die volksmoeder nie, maar daar word eerder gekyk na die verhouding tussen die "performatiewe" aard van gender en die normatiewe aard van die volksmoeder as gender konstruksie in hierdie spesifieke geval van OB-vroue.

Keywords : Afrikanervrou; volksmoeder; Afrikaner nasionalisme; vrouegeskiedenis; gendergeskiedenis; vrouens; gender; Ossewa-Brandwag; Suid-Afrikaanse geskiedenis.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License