SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.58 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

SPARKS, Stephen. New Turks and Old Turks: The historiographical legacies of South African social history. Historia [online]. 2013, vol.58, n.1, pp.191-214. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel plaas die produksie en ontvangs van die tweede band van die Cambridge History of South Africa binne sy breër historiografiese en politiese konteks, en dui sommige van die kritiek aan wat teen die boek, én die "revisionistiese" historiografie wat so duidelik uit die inhoud van die boek blyk, geopper is. Ná 'n bespreking van die ontwikkeling wat die "kultureleommekeer" in die Suid-Afrikaanse sosiale geskiedskrywing geneem het, volg 'n gedetailleerde lesing en kritiese evaluering van die sterk en swakpunte van die nuwe boek. Die resensie stem saam met die kritiek oor die beperkende effek van die "nasiestaat"-raamwerk van die boek, en die gebrek van die meeste skrywers om die groter teoretiese debatte oor Suid-Afrika se geskiedenis te betrek. Die resensie verwelkom nogtans die boek as die lang-agterstallige sintese van die "revisionistiese" sosiale geskiedskrywing wat soveel gedoen het om die Suid-Afrikaanse historiografie gedurende die laaste kwart van die twintigste eeu vooruit te bring, en wat sonder twyfel sal voortgaan om in die toekomende jare die grondslag vir nuwe historiese werk te verskaf.

Keywords : apartheid; historiografie; nuwe kulturele geskiedenis; radikale geskiedenis; revisionisme; sosiale geskiedenis; Suid-Afrikaanse geskiedenis.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License