Serviços Personalizados
Artigo
Indicadores
Links relacionados
- Citado por Google
- Similares em Google
Compartilhar
Historia
versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X
Resumo
BOJE, John e PRETORIUS, Fransjohan. Black resistance in the Orange Free State during the Anglo-Boer War. Historia [online]. 2013, vol.58, n.1, pp.01-17. ISSN 2309-8392.
In hierdie artikel word daar gekyk na swart verset in die Vrystaat tydens die Anglo-Boereoorlog. Die partriargale verhouding wat vroeer tussen die Boere en hul swart onderdane bestaan het, is deur die chaos van oorlogvoering ontwrig. Terselfdertyd het die wye verspreiding van Ethiopianisme, in die gedaante van die African Methodist Episcopal Kerk, swartes van 'n model van selfvertroue en menswaardigheid voorsien, terwyl die totstandkoming van gewapende bendes 'n gevoel van solidariteit bevorder het. Indiensneming deur die Britse leer het ontrou aan die Boeresaak meegebring, en die stuasie is vererger deur die bewapening van swartes. Bergh's Scouts was 'n swart eenheid onder wit offisiere wat in Winburg deel van die Britse leer gevorm het en hulle optrede het tot aantygings van moord en moordadigheid aanleiding gegee. Neëntien sodanige gevalle word in oënskou geneem en gekontekstualiseer; die versetonderneming is ook geëvalueer.
Palavras-chave : Anglo-Boereoorlog; swart verset; Vrystaat; Winburg-distrik; Ethiopianisme; African Methodist Episcopal Kerk; gewapende bendes; Klaasbende; Bergh's Scouts.