SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2Dealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott"The local role of a Wellington Afrikaner Broederbond branch, 1937-1994 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

BOURHILL, James  e  PRETORIUS, Fransjohan. How the story of the South African experience in the Italian campaign was recorded - and distorted. Historia [online]. 2012, vol.57, n.2, pp.350-377. ISSN 2309-8392.

Nieteenstaande die beste pogings van professionele historici wat aan die 6de Suid-Afrikaanse Pantserdivisie verbonde was, het die eise van moreelbou die eise van historiese akkuraatheid oorskadu. Die ware verhaal van die gewone Suid-Afrikaanse soldaat het dus onvertel gebly. Dit is nie verbasend nie dat individuele herinneringe oor 'n tydperk van 67 jaar verdraai is, maar die "reiniging" van die nasionale geheue het reeds tydens die gebeure self begin. Hierdie artikel verduidelik hoe die verhaal van die oorlog in Italie aan die Suid-Afrikaanse publiek voorgestel is en hoe propaganda en sensuur tot die wanopvattings bygedra het wat in die nasionale bewussyn ingeprent is. Tydgenootlike verslae is aan sensuur onderwerp en het die positiewe beklemtoon, terwyl na-oorlogse literatuur weinig gedoen het om opvattinge te verander. Taboe onderwerpe oor seksualiteit, alkoholmisbruik, wreedhede en gevegsvermoeidheid is meestal afwesig in die literatuur. Konvensionele wysheid rakende indiensneming en die onwilligheid om te dien is nie op die 6de Suid-Afrikaanse Pantserdivisie van toepassing nie. Ongevalle statistieke word ondersoek wat bewys dat sterftes en beserings hoofsaaklik voorgekom het in infanterie-eenhede, hoewel ongelukke vir 25 persent van beserings verantwoordelik was. Weersprekende weergawes van die Slag van Chiusi illustreer hoe taal gebeure kon omvorm van 'n nederlaag tot 'n oorwinning van die ontembaarheid van die menslike gees.

Palavras-chave : 6de Suid-Afrikaanse Pantserdivisie; Italie; Tweede Wereldoorlog; propaganda; sensuur; sosiale geheue.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons