SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número2From trusteeship to self-determination: L.J. du Plessis' thinking on apartheid and his conflict with H.F. VerwoerdKlaas Koen: identity and belonging in the Berlin Mission Society during the late nineteenth century índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

NYANDORO, Mark. Zimbabwe's land struggles and land rights in historical perspective: The case of Gowe-Sanyati irrigation (1950-2000). Historia [online]. 2012, vol.57, n.2, pp.298-349. ISSN 2309-8392.

Hierdie voordrag ondersoek die geskiedenis van grondstryd in die Sanyati-droogland en die Gowe-ARDA-besproeiingsgemeenskap in noordwes-Zimbabwe van 1950 tot 2000. Grond was nog altyd een van die mees omstrede kwessies in hierdie omgewing in die koloniale en die post-onafhanklikheidsera. Geinspireer deur die breér stryd rakende grond, beoog die voordrag om die vraag rakende inheemse regte op grond in Zimbabwe onder die loep te neem. Deur primêre bronne aan te wend, insluitend mondelinge onderhoude (wat oorspronklikheid aan my artikel verleen), asook sekondere literatuur en deur vanuit 'n ekonomies historiese uitganspunt te skryf, analiseer die voordrag die historiese wortels van kontemporere grondstryd en grondinpalming in Zimbabwe sedert die gedwonge verwydering van mense uit Rhodesdale na Sanyati in 1950. Dit evalueer ook die behoefte aan land (as 'n akkumulasiefaktor) en waterregte om sleutelkwessies wat Simbabwe in staat sou kon stel om vrede en die hoogs noodsaaklike herstel van die ekonomie te ondervang. Deur die grondvraag as 'n omstrede kwessie van Zimbabwier-geskiedenis na te vors verbreed duidelik ons begrip van die kwessie. Terselfdertyd kan nuwe lewe in die voosgeslane of mankoliekige ekonomie ingeblaas word, gebaseer, onder andere, op grondaangeleenthede en uitdagings met die breer ontwikkelingsagenda en demokratiseringsproses te inkorporeer. Dit vereis dat verskeie belanghebbendes hulle moet losmaak van geykte houdings en weerstand teen 'n benadering wat op regte gebaseer is en een volg wat op grondhervorming toegespits is. Inheemse mense se demokratiese regte op grond en toegang tot water is van die allergrootste belang in n land waar koloniale staatsbeleide stryd en konflik oor grond geskep het. Eise vir grond en gepaardgaande regte is n aanduiding van die spanning wat herinner aan die droogland- en ARDA-besproeide grond in Sanyati wat geskep is deur Rhodesie-era-uitsettings en -hervestigings. Die ontneming van grond van die kleinboerestand in die pre-onafhanklikheidsera het aansienlik bygedra tot sosio-ekonomiese en politieke spanning. Die kennelike mislukking van die post-onafhanklikheidsregering om landhonger onder die mense te ondervang het ook gelei tot n verwagtingskrisis ("crisis of expectations") onder diegene wat gemeen het dat die terminering van die koloniale bewind op groter toegang tot grond sou uitloop. Duidelik, in die pre-2000-periode, het die gebrek aan voldoende grond om die boere op n bevredigende grondslag te vestig, gepaard met die afwesigheid van 'n oorwoe beleidsraamwerk om grondtoekennings te regulariseer het 'n persepsie van ekonomiese ontmagtiging in sowel die droogland- as besproeide kleinboerestand-sektore van die Zimbabwier-ekonomie geskep. Dit lei tot die stortvloed van plaasinvalle wat in onlangse tye in Gowe-Sanyati en verder aan waargeneem is en die noodsaaklikheid van verdere navorsing oor Zimbabwe se hedendaagse grondbesittersrevolusie.

Palabras clave : Gowe-Sanyati; droogland en besproeiingslandbou-ontwikkeling; grondregte; grondbesitreg; grondwette; grondhervorming; waterbronne; uitsetting; stryd; konflik; menseregte; grondinvalle.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons