SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2Amsterdam as 'n anti-apartheidstadDie wynmakerfamilie van Zonnebloem, Simondium, 1915-1963 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

On-line version ISSN 2309-8392

Abstract

DU PISANI, Kobus. Shifting sexual morality? Changing views on homosexuality in Afrikaner society during the 1960s. Historia [online]. 2012, vol.57, n.2, pp. 182-221. ISSN 2309-8392.

'n Polisieklopjag op 'n partytjie vir gays in Johannesburg vroeg in 1966 het 'n kettingreaksie veroorsaak, wat gelei het tot 'n voorstel in die parlement dat die Ontugwet gewysig moet word. Die bedoeling was om homoseksualiteit onder beide mans en vroue te kriminaliseer. Om so 'n wetswysiging te probeer stuit, is die Homosexual Law Reform Fund in die lewe geroep om die gay middelklasgemeenskap se saak te stel aan die gekose komitee wat ondersoek moes instel na die voorgestelde wetswysiging. Hierdie kortstondige maar suksesvolle organisasie word beskou as die begin van 'n georganiseerde beweging vir gay-regte in Suid-Afrika. Vir die Afrikanersamelewing is die parlementêre gekose komitee van besondere belang, want dit het in 1968 'n debat in die briewekolomme van Afrikaanse koerante soos Die Burger aan die gang gesit. Voorheen was homoseksualiteit nie 'n onderwerp wat in die openbaar deur "ordentlike" Afrikaners bespreek is nie. Die briewedebat in die koerante het die taboe onherroeplik opgehef. Daarna is inligting oor homoseksualiteit openliker versprei en die diskoers oor homoseksualiteit het geleidelik onder Afrikaners momentum gekry. Hierdie artikel kontekstualiseer, ontleed en evalueer die 1968-debat.

Keywords : Homoseksualiteit; selfdegeslagverhoudings; Afrikaner-samelewing; moraliteit; (de)kriminalisering van homoseksualiteit; Suid-Afrika; Ontugwet; Afrikaanse koerante; Die Burger..

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License