SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

WIEDERROTH, Nicole. Radio broadcasting for blacks during the Second World War: "It could be dangerous ..". Historia [online]. 2012, vol.57, n.2, pp.104-149. ISSN 2309-8392.

Een jaar nadat die Unie van Suid-Afrika oorlog teen Duitsland verklaar het, het Suid-Afrika se regering begin om radio-uitsending as 'n medium vir propaganda na 'n swart teikengroet aan te wend. In die winter van 1940 het die Departement van Naturelle Sake (DNS), wat in beheer was van propaganda vir die swart bevolking, gepaard met die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK) en die Departement Posen Telegraafdienste die eerste uitsaaidiens vir die Swart bevolking in Johannesburg van stapel gestuur. Die program, wat aanvanklik slegs via telefoonlyne versend is, het aansienlike van die programme vir witmense verskil. Gebaseer op uitvoerige argiefnavorsing, beskryf hierdie artikel die stigting en implementering van daardie uitsaaidiens gepaard met die spesifieke program die DNS en die SAUK wat vir swart luisteraars ingestel is. Insluitend navrae oor die ontvangs van die diens destyds, bied die artikel nuwe insigte in die Suid-Afrikaanse mediageskiedenis. Die uitsaaidiens vir swartmense tydens die Tweede Wereldoorlog weerspieël duidelik die wit aanbieders se stereotipe begrip van swartmense. Gevolglik het die diens die hegemoniese posisie van die wit minderheid onderhou en dus die koloniale orde in die gemeenskap geregverdig en meegehelp om dit te onderhou. Die swart luisteraars was egter nie die soort passiewe dankbare ontvangers van die geselekteerde inligting soos sommige aanbieders verwag het hulle sou wees nie. Inteendeel, etlike navra oor die ontvang van die uitsendingsdiens, byvoorbeeld by die Bantoe Nuusdienskomitee van die Witwatersrand of die Onderkomitee van die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudings (SAIRV), het op 'n heel kritiese respons van die luisteraars gedui.

Keywords : Tweede Wereldoorlog; Departement Naturelle Sake; Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie; radio; propaganda; werwing; segregasie; koloniale orde; rasisme; mediageskiedenis..

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License