SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

BLIGNAUT, Charl. "Goddank dis hoogverraad en nie laagverraad nie!": Die rol van vroue in die Ossewa-Brandwag se verset teen Suid-Afrika se deelname aan die Tweede Wêreldoorlog. Historia [online]. 2012, vol.57, n.2, pp.68-103. ISSN 2309-8392.

Gedurende die Tweede Wereldoorlog het die Ossewa-Brandwag (OB) as massaorganisasie homself verset teen Suid-Afrika se deelname aan die oorlog aan die kant van Brittanje. Duisende Afrikaners het die OB gesien as 'n middel tot die voortsetting van die "volk" se stryd teen Britse oorheersing en het na die beweging verwys as die "Tweede Rebellie". Afrikanervroue het ook in hulle duisende deel uitgemaak van die OB se lidmaatskap en was ten nouste betrokke by alle aktiwiteite van die organisasie - insluitende die verset teen Smuts se oorlogspoging. Ten spyte hiervan is daar geen historiese studie wat fokus op OB-vroue se agentskap in hierdie verband nie. Hierdie artikel verken die verskillende vorme wat vroue se verset aangeneem het as deel van die OB se aktivistiese aard. Daar word bepaal hoe vroue se agentskap beïnvloed is deur die metaforiese moontlikhede van die sogenaamde volksmoeder-konstruksie. Van al die kwaliteite van die volksmoeder het veral die idee van die vrou se "sin vir onafhanklikheid" bepaald in die OB se verset na vore getree. OB-vroue het binne die beperkings van die volksmoeder-diskoers, as reaksie op historiese gebeure, self betekenis gegee aan hulle gekonstrueerde identiteit en by wyse van hulle verset dikwels vooroorlogse gendernorme oorskry of rekonstrueer.

Keywords : Afrikanernasionalisme; Afrikanervroue; gender; gendergeskiedenis; Ossewa-Brandwag; Suid-Afrika; Tweede Wereldoorlog; verset; volksmoeder; vrouegeskiedenis..

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License