SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número1South Africa's revised history curriculum on globalism and national narratives in grade 12 textbooks índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

LUDLOW, Helen. The government teacher as mediator of a "superior" education in Colesberg, 1849-1858. Historia [online]. 2012, vol.57, n.1, pp.141-164. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel is 'n ondersoek na die sosiaal vloeibare konteks van 'n noordelike Kaapkolonie grensdorp in die midde-negentiende eeu. Daar word ondersoek ingestel na die identiteit van die jeugdige James Rait, wat tussen 1849 en 1858 onderwyser by Colesberg se Staatskool was. Rait is belas met die implementering van die "New System" van staatsonderrig se komplekse leerplan wat in 1839 in die kolonie ingestel is. Sowel die leerplan as die handboeke is sterk binne Skotse opvoedkundige diskoerse gewortel. En dus is daar n ondersoek in hierdie artikel van hoe die onderwyser as bemiddelaar van n besondere samestelling van kennis en geaardhede optree. Daar word gereflekteer oor die rol van die onderwyser wat aan 100 kinders van uiteenlopende kulturele, klas- en ras-agtergronde moes onderrig gee. Die artikel stel ondersoek in na die onderwyser se groeiende onbekwaamheid in sy pogings om 'n ordentlike manlike identiteit te handhaaf as gevolg van die oneweredige eise van sy loopbaan en familie op sy liggaamlike ongesteldheid en beperkte inkomste. Siekte word hier beskou as die vervrouliking van die liggaam. Terwyl siekte toenemend Rait van sy klaskamer weggehou het, het sy vrou en in besonder sy vroulike assistent die wêrelde tussen die huislike en die werkende oorbrug om sodoende vir sy gebrek te kompenseer.

Palavras-chave : liberale opvoedkunde; staatsonderrig; koloniale projek; regeringsonderwysers; negentiende-eeuse Kaapkolonie; Colesberg; ras; geslag; gesondheid.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons