SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 número1Comparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

MUFUZI, Friday. Die Livingstone Museum en sy rol in postkoloniale Zambie, 1964-2006. Historia [online]. 2012, vol.57, n.1, pp.127-140. ISSN 2309-8392.

Die eerste artikel oor die Livingstone Museum, gepubliseer in 2011 in Historia, het bewys dat die museum gestig is omruimte te skep vir die uitstalling van die materiele kultuur van Afrika om sodoende bewys te lewer aan die wêreld dat die Europese kultuur meerderwaardigheid is wanneer dit met dié van Afrikane vergelyk word. Die argument in die artikel was dat dit genoodsaak was deur die Europese setlaars se behoefte om hul beheer oor die area te legimiteer. Koloniale amptenare het dit gesien as 'n noodsaaklikheid om deur die "beskawende effek" van Europesekultuur Afrikane te red van hul "primitiewe" leefwyse. Hierdie artikel ondersoek die Livingstone Museum en die rol wat dit gespeel het in onafhanklike Zambie vanaf 1964 tot en met 2006. Met die hulp van tydelike en permanente uitstallings wat tydens die periode by die museum gemonteer is, postuleer die artikel dat net soos die koloniale owerhede voorheen, het die postkoloniale owerheid die Livingstone Museum ook gebruik as 'n medium om hul agenda te bevorder - naamlik 'n ommekeer van die negatiewe beeld wat Zambie se kultuur en geskiedenis gebuk gegaan het onder kolonialisme. Die museum is gesien as 'n bondgenoot van die nasionalistiese regering in die se strewe om patriotisme en nasionaleeenheid te bevorder wat tydens die koloniale periode ondermyn was. Om die doelwit te bereik het die museum uitstallings opgerig tot die glorie van Afrikane en hul kultuur ten koste van ander groepe soos blankes en Indiers. In hierdie artikel word daar geargumenteer dat die slagspreek "one Zambia one Nation", wat na die verkryging van onafhanklikheid deur politici gebruik om 'n Zambiese gemeenskap waarin allegroepe in harmonie kon saamleef nie bereik is deur die postkoloniale uitstallings van die Livingstone Museum nie omdat dit uiteraard Afrosentries was. Om dié rede was die postkoloniale Livingstone Museum skuldig aan dieslefde rassevooroordeel waarvan die koloniale museum en die se Eurosentriese uitstallings beskuldig was. Derhalwe, reflekteer die museum se uitstallings die politiek van die dag - Eurosenties tydens die kolniale era en Afrisentries tydens die postkoloniale era. Nieteenstaande bied die museum 'n platform en 'n opvoedkundige sentrum waar beide die Zambiese en buitelandse besoekers kon leer oor die geskiedenis, kultuur, en die pad wat die mense van Zambie gewandel het vanaf die pre-koloniale tydperk tot die huidige. Bowen alles het die museum die ryke geskiedenis en kulturele erflating van die mense van Zambie lewendig gehou.

Palabras clave : Zambie; kolonialisme; koloniale periode; postkoloniale periode; onafhanklikheid; Livingstone Museum; materiële kultuur; Afrosentries politieke agenda; Eurosentries rassevooroordele; opvoedkundigesentrum; een Zambie, een Nasie.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons