SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.57 issue1"More comfort, better prosperity, and greater advantage": Free burghers, alcohol retail and the VOC authorities at the Cape of Good Hope, 1652-1680"Keep your town sweet and wholesome" The inspector of nuisances: a narrative of culture and sanitation in nineteenth-century Durban author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Bookmark

    Historia

    Print version ISSN 0018-229X

    Abstract

    JANSEN VAN RENSBURG, Fanie (N.S.). Protest by Potchefstroom native location's residents against dominance, 1904 to 1950. Historia [online]. 2012, vol.57, n.1, pp. 22-41. ISSN 0018-229X.

    Hierdie artikel dui op die belang van 'n grondige studie van plaaslike bronne in verband met protes en weerstand van 'n township (vroeër, Potchefstroomse naturelle-lokasie) se inwoners teen onderdrukkende wetgewing en behandeling in Suid-Afrika. Alhoewel die term "grassroots support" (voetsoolvlak-steun) eers heelwat later in die Suid-Afrikaanse geskiedenis 'n algemene term geword het; dui die studie van plaaslike dokumente op die uitgerekte en wye golf van ontevredenheid onder swart Suid-Afrikaanse burgers teen wetlike segregasie en later apartheid; en hoe, in die geval van sekere individue en plaaslike organisasies, hierdie sienings geartikuleer het met protes op nasionale vlak. Die artikel dek die enorme pogings van die wit munisipale owerhede om die lokasie te domineer, die uiters beperkte invloed van die naturelle-adviesrade en ook gelokaliseerde nasionale organisasies om hierdie beheer te weerstaan, die uitsonderlike vermoëns en bydraes van Lazarus R. Muthle en James Z. Mdatyulwa in Potchefstroomse protes en hoe, deur hulle optrede op plaaslike vlak, en te midde van hul wisselvallige verblyfreg, hierdie protes geleidelik bygedra het tot die onderbou van omvattende weerstand, insluitende dié van 'n intellektuele aard in die 1970s en 1980s.

    Keywords : Potchefstroom; naturelle-lokasie; adviesraad; apartheid; protes; Muthle; Mdatyulwa.

            · abstract in English     · text in English     · pdf in English