SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2Dealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott"The local role of a Wellington Afrikaner Broederbond branch, 1937-1994 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

MORGAN, Katalin  e  HENNING, Elizabeth. Hoe geskiedenis handboeke deur die onderwerp van rassisme 'n tekstuele gemeenskap positioneer. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.169-190. ISSN 2309-8392.

OPSOMMING In hierdie artikel ontleed die skrywers geselekteerde hoofstukke in geskiedenishandboeke as opvoedkundige blik op die zeitgeist van hedendaagse Suid-Afrika. Die hoofvraag van die studie is hoe hierdie handboekhoofstukke die lesersgemeenskap posisioneer deur die instelling van die outeurs. Die skrywers fokus spesifiek op die tema van ras en rassisme in die hoofstukke, soos dit in die boeke uitgebeeld word in verskeie wêrelddele in die twintigste eeu. 'n Aantal soortgelyke studies word bespreek om hedendaagse idees en gesprekke oor die temas van ras en rassisme uit te lig. Hierop volg voorbeelde van die data, waaruit die vyf hooftemas dmv diskoersanalise van die handboekhoofstukke saamgestel is. Uit hierdie analise van die hoofstukke is die volgende temas uitgeken: 1) outeurs skryf grootliks vanuit 'n enkele perspektief op die geskiedenis en is onverdraagsaam met dubbelsinnighede; 2) hulle skryf vanuit 'n a-historiese en selfs antihistoriese instelling; 3) hulle gaan reduksionisties om met die inihoud; 4) kritiese denke word "nageboots"; en 5) sommige slaag daarin om geleenthede vir ondersoeking te skep in die teks. Hierdie vyf bevindings word in die artikel taamlik breedvoerig bespreek. Die gevolgtrekking van hierdie deel van die groter navorsingsprojek, en wat in hierdie artikel weergegee is, is dat die hoofstukke wat ontleed is gerig is op 'n spesifieke soort burgerskaponderwys; die teks hou baie nou by die "letter" van die kurrikulum, wat voorhou dat geskiedenisonderwys demokrasie moet bevorder en die wonde van die segregasie verlede moet heel, maar faal in die proses om die "gees" van die kurrikulum te handhaaf. Die artikel word afgesluit met die moontlike gevolge wat so 'n instelling/posiosionering inhou vir die skryf van teksboeke.

Palavras-chave : teksgemeenskap; ras; rassisme; geskiedenishandboeke; onderwys; kurrikulum.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons