SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue2Dealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott"The local role of a Wellington Afrikaner Broederbond branch, 1937-1994 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MORGAN, Katalin  and  HENNING, Elizabeth. Hoe geskiedenis handboeke deur die onderwerp van rassisme 'n tekstuele gemeenskap positioneer. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.169-190. ISSN 2309-8392.

OPSOMMING In hierdie artikel ontleed die skrywers geselekteerde hoofstukke in geskiedenishandboeke as opvoedkundige blik op die zeitgeist van hedendaagse Suid-Afrika. Die hoofvraag van die studie is hoe hierdie handboekhoofstukke die lesersgemeenskap posisioneer deur die instelling van die outeurs. Die skrywers fokus spesifiek op die tema van ras en rassisme in die hoofstukke, soos dit in die boeke uitgebeeld word in verskeie wêrelddele in die twintigste eeu. 'n Aantal soortgelyke studies word bespreek om hedendaagse idees en gesprekke oor die temas van ras en rassisme uit te lig. Hierop volg voorbeelde van die data, waaruit die vyf hooftemas dmv diskoersanalise van die handboekhoofstukke saamgestel is. Uit hierdie analise van die hoofstukke is die volgende temas uitgeken: 1) outeurs skryf grootliks vanuit 'n enkele perspektief op die geskiedenis en is onverdraagsaam met dubbelsinnighede; 2) hulle skryf vanuit 'n a-historiese en selfs antihistoriese instelling; 3) hulle gaan reduksionisties om met die inihoud; 4) kritiese denke word "nageboots"; en 5) sommige slaag daarin om geleenthede vir ondersoeking te skep in die teks. Hierdie vyf bevindings word in die artikel taamlik breedvoerig bespreek. Die gevolgtrekking van hierdie deel van die groter navorsingsprojek, en wat in hierdie artikel weergegee is, is dat die hoofstukke wat ontleed is gerig is op 'n spesifieke soort burgerskaponderwys; die teks hou baie nou by die "letter" van die kurrikulum, wat voorhou dat geskiedenisonderwys demokrasie moet bevorder en die wonde van die segregasie verlede moet heel, maar faal in die proses om die "gees" van die kurrikulum te handhaaf. Die artikel word afgesluit met die moontlike gevolge wat so 'n instelling/posiosionering inhou vir die skryf van teksboeke.

Keywords : teksgemeenskap; ras; rassisme; geskiedenishandboeke; onderwys; kurrikulum.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License