SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without end índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

HORN, Karen. Narratiewe uit Noord Afrika: die ervaringe van Suid-Afrikaanse krygsgevangenes na die val van Tobruk, Junie 1942. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp.94-112. ISSN 2309-8392.

OPSOMMING Die Suid-Afrikaners wat in Junie 1942 tydens die val van Tobruk gevange geneem is, het almal gelyksoortige ervarings en omstandighede beleef. Elkeen het die skok van gevangeneming ervaar en almal moes in haglike omstandighede in gevangekampe oorleef. Die krygsgevangenes se houding teenoor die vyand, Duits of Italiaans, was oor die algemeen redelik vergelykbaar. Die onderskeid wat daar wel was, kan tot 'n mate toegeskryf word aan die verskil in huistaal en familie-afkoms tussen die spesifieke krygsgevanges. Wat die verhoudinge tussen krygsgevanges betref, veral tussen wit en swart, kan geen veralgemenings gemaak word nie en elke geval moet individueel ondersoek word. Omdat die Suid-Afrikaners so 'n diverse groep was, met taal een van die min onderskeidende faktore, is dit besonder moeilik om eienskappe te identifiseer wat uniek was aan hulle. Wanneer daar tussen die algemene en individuele ervaring onderskei word, is dit belangrik om 'n onderskeid te tref tussen die omstandighede en die reaksies op die omstandighede omdat die omstandighede die algemene ervaring verteenwoordig terwyl die reaksie daarop die individuele ervaring verteenwoordig.

Palavras-chave : Krygsgevange; Suid-Afrika; Tweede Wêreldoorlog; Tweede Suid-Afrikaanse Infanteriedivisie; Generaal-Majoor H.B. Klopper; Westelike Woestynveldtog; laer range; Tobruk; Benghazi; Gazala; Mersa Matruh; Derna; gevangeneming; ontvlugting; Duitse magte; Italiaanse magte.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons