Services on Demand
Article
Indicators
Related links
Cited by Google
Similars in Google
Bookmark
Historia
Print version ISSN 0018-229X
Abstract
BOJE, John and PRETORIUS, Fransjohan. Kent gij dat volk: the Anglo-Boer War and Afrikaner identity in postmodern perspective. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp. 59-72. ISSN 0018-229X.
OPSOMMING Hierdie artikel, wat gebaseer is op 'n proefskrif oor die Anglo-Boereoorlog soos dit deur die bevolking van die Winburg-distrik ervaar is, demonstreer hoedat postmoderne insigte wat professionele historici erg verontrus het, kan bydra tot 'n siening van die oorlog wat relevant is met betrekking tot Afrikaner-identiteit in 'n demokratiese, pluralistiese Suid-Afrika. Die tradisionele, Afrikaner-nasionalistiese paradigma word ontkrag deur 'n antitotaliserende benadering en die ideologiese gebruik van die geskiedenis vir magsuitoefening word aan die kaak gestel. Aan die ander kant kan dekonstruksie daartoe bydra om aspekte van die verlede na vore te bring wat met voordeel opnuut aandag kan geniet.
Keywords : Anglo-Boereoorlog; Suid-Afrikaanse Oorlog; postmodernisme; historiografie; Afrikaner-identiteit.











