Servicios Personalizados
Articulo
Indicadores
Links relacionados
Citado por Google
Similares en Google
Bookmark
Historia
versión impresa ISSN 0018-229X
Resumen
VERHOEF, Grietjie. Die staat en die professie: inisiatiewe en reaksies op die organisasie van die rekenkundige professie in Suid-Afrika, 1904-1951. Historia [online]. 2011, vol.56, n.2, pp. 19-42. ISSN 0018-229X.
OPSOMMING In hierdie artikel word die onderlinge verskille tussen professionele rekenmeesters in Suid-Afrika ondersoek en word die lig gewerp op die strategieë wat gevolg is om professionele eksklusiwiteit te verseker. Die artikel wys ook op die uitgerekte en onwillige betrokkenheid van die staat by die proses. Regeringsinmenging het aspekte van die professionele sluitingstrategie en die inmenging deur Britse organisasies in die Suid-Afrikaanse sluitingstrategie beïnvloed. 'n Imperiale "rekeningkundige arena" vir professionele rekenmeesters het gelyklopend met plaaslike nasionale belange beslag gekry. Hierdie ontwikkeling was nie tot Suid-Afrika beperk nie, maar het in effens gewysigde vorm ook in die rekenmeestersprofessie in Kanada en Australië ontplooi.
Palabras llave : Rekenmeesters; professionele sluitstrategie; statutêre erkenning; geoktrooieerde verenigings; professionele verenigings; regulering; openbare belang; staatsinmenging.











