SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1Comparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920Life on the fringes: the role of the Unisa Short Course in School History Enrichment in empowering teachers índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

DE KLERK, Pieter. Die periodisering van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in resente oorsigwerke. Historia [online]. 2011, vol.56, n.1, pp.138-152. ISSN 2309-8392.

Verskeie vraagstukke in verband met historiese periodisering is in wetenskaplike publikasies bespreek. In aansluiting by hierdie studies word tien oorsigwerke wat sedert 1990 verskyn het en waarvan professionele historici die skrywers en/of redakteurs was, in die artikel in oënskou geneem. Dit blyk dat daar heelwat ooreenkomste tussen die periode-indelings in hierdie werke bestaan. Dit dui daarop dat historici, ten spyte van verskillende uitgangspunte en oogmerke, dieselfde patrone van kontinuïteit en verandering in die Suid-Afrikaanse geskiedenis identifiseer. Tog kom geen van die periodiserings presies ooreen nie en verteenwoordig elke skrywer se periode-indeling en periodebenamings 'n besondere interpretasie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die sterk klem wat steeds deur oorsigskrywers op politieke en ekonomiese geskiedenis gelê word, bring mee dat sosiale en kulture aspekte nie 'n belangrike rol in hulle periodiserings speel nie. In toekomstige oorsigwerke sal groter aandag aan hierdie aspekte waarskynlik 'n belangrike invloed op periode-indelings van die Suid-Afrikaanse geskiedenis hê.

Palabras clave : Apartheid; Boererepublieke; dekolonisasie; ekonomiese geskiedenis; Groot Trek; historiese oorsigwerke; historiese temas; industrialisasie; inheemse bevolking; Kaapkolonie; kolonialisme; kultuurgeskiedenis; Mfecane; Natal; periodisering; politieke geskiedenis; segregasie; sosiale geskiedenis; Suid-Afrikaanse geskiedenis; Unie van Suid-Afrika.

        · resumen en Inglés     · texto en Africano     · Africano ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons