SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 issue1Trickster tropes: female storytelling and the re-imagination of social orders in four nineteenth-century southern African communitiesComparing developments in water supply, sanitation and environmental health in four South African cities, 1840-1920 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

VAN DER MERWE, Ria. Vorming van volksmoders of volksverraaiers? Vroulike studente aan die Universiteit van Pretoria, 1920-1970. Historia [online]. 2011, vol.56, n.1, pp.77-100. ISSN 2309-8392.

Een van die steutelelemente wat nasionalistiese ideologieë die afgelope twee eeue as 'n mobiliserende krag gebruik, is die volksmoeder ideaal. Van vroue is verwag om moeders, nie net van hulle eie families te wees nie, maar ook van die groter familie, naamlik die nasie. In Afrikaner nasionalisme het dit neerslag gevind in die volksmoeder ideaal. In 'n tydperk van geweldige veranderings, waartydens die aantal arm-blankes drasties vermeerder het, moes die Afrikaner vrou beide die middelpunt van die huishouding en die primêre verenigende en opbouende krag van die Afrikaner gemeenskap wees. Hierdie artikel gee 'n oorsig van die ontstaan van die volksmoeder konsep en navorsing wat reeds daaroor gedoen is. Die tersiêre opleding van vroue, spesifiek aan die Universiteit van Pretoria (UP), is ook bespreek. Die verskillende akademiese dissiplines wat ontwikkeld is om Afrikaner dogters in staat te stel om aan die nasionalistiese ideaal van die volksmoeder te voldoen, is bespreek, asook ander meganismes wat deur universiteisowerhede daar gestel is om die goeie reputasie van Afrikaner dogters te beveilig. Verder word die feit oorweeg dat Afrikaner vroue weg beweeg het van hulle toegekende rol en plek in die samelewing, en 'n invloed gehad het op die ondermyning van Afrikaner nasionalistiese ideale.

Keywords : volksmoeder; Afrikaner nasionalisme; Transvaal Universiteitskollege; Universiteit van Pretoria; "Voortrekker Universiteit"; Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF); Departement Maatskaplike Werk; Huishoudkunde; Verpleegkunde; universiteitskoshuise; gender.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License