SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.56 número1The Dorsland Treks to Angola (1974-1928) and the reasons behind themThe fork in the road? British reactions to the election of an apartheid government in South Africa, May 1948 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

KERSEBOOM, Simone. Ouma-martelaar-heldin: Die plasing van Sara Baartman in 'n Suid-Afrikaanse post-apartheid en mitologiese grondslag. Historia [online]. 2011, vol.56, n.1, pp.63-76. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel maak 'n studie van van die vele rolle wat die ikoniese figuur, Sarah Baartman, toegedig word in die politiek van 'n post-apartheid nasie en met nasiebou. Die mitiese siening van Baartman as ouma, martelaar en heldin is aanduidend van die skepping van 'n nuwe grondslag mitologie van post-apartheid Suid-Afrika. Hierdie artikel dui aan dat met die terugkeer van Baartman se reste na Suid-Afrika dit gelei het tot die skepping van 'n mite van Baartman as 'n ouma, martelaar en heldin deur die regering se retoriek en media-gegenereerde en betekenisvolle publisiteit tydens en na die repatriasie proses se begin in 1994. Nuwe en versinde betekenisse is aan haar gebeendere en ervarings tydens haar leeftyd toegedig wat dit moontlik gemaak het om haar storie te herskep binne die konteks van, eerstens, Nelson Mandela se reënboog nasie en ook later as deel van Thabo Mbeki se Afrika Renaissance. Hierdie artikel voer aan dat Baartman se terugkeer en haar begrafnis in haar "tuisgrond" dien as 'n simboliese beeindiging van die kolonialisme, slawerny en rassisme - die sentrale aanduidings van Baartman se lewe - en haar daarvolgens as stigters-figuur 'n beduidende rol laat speel het in die grondleggende mitologie in Suid-Afrika. Hierdie artikel poog om te wys dat Baartman se geskiedenis herskep, hergiet en herontdek is as 'n ideale storie vir die oorgang na 'n nuwe Suid-Afrika. Hierdeur word vergeet en die lewende persoonlikheid geskei van die mite wat geskep is om die proses van nasiebou te ondersteun.

Palavras-chave : Sara Baartman; martelaar; heldin; mitologie; mitologiese grondslag; Reënboog Nasie; Afrika Rennaissance; stigters-figuur; post-apartheid staat; nasionalisme.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons