SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2On the republican idea: an exercise in remembranceThe Congregational Church in Uitenhage and the Group Areas Act author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

HOOGENRAAD-VERMAAK, Salomon  and  VERHOEF, Grietjie. Die Suid-Afrikaanse sakegemeenskap se rol ten opsigte van politieke mobilisering in die aanloop tot 'n nuwe Suid-Afrika, 1980-1992. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.204-225. ISSN 2309-8392.

Die erodering van apartheid as politieke beleid, 'n verswakkende ekonomie, vrees vir 'n rewolusie en sterker kohesie in die sakeomgewing het die blanke Suid-Afrikaanse sakegemeenskap oor kultuur- en rasgrense heen saamgesnoer ter beskerming van hulle belange. Die Rubicon-toespraak van 1985 het as 'n sneller gedien vir sakelui se aanvaarding van 'n politieke rol, sodat hulle met die stigting van die CBM openlik en gesamentlik teen apartheid gemobiliseer het. Swart sakelui het hierdie mobilisering gesteun, omdat hulle 'n belang in 'n vryemarkekonomie en onderhandelde politieke skikking gehad het. Die blanke sakegemeenskap het die regering beïnvloed om politieke hervorming op die agenda te hou. Omdat politici sakelui nodig gehad het om die politiek te stabiliseer, is hulle invloed versterk. Die CBM het die ekonomiese debat na praktiese probleme gestuur om van ideologiese oplossings weg te skram. Besigheid is vir verandering voorberei en verandering is deur 'n brugbourol en katalisatorrol gefasiliteer. 'n Konsensusbenadering het gesprekvoering tussen ekonomiese rolspelers vergemaklik en die klem op sosio-ekonomiese opheffing geplaas. Met gemeenskapsbetrokkenheid en sosiale opheffing het Suid-Afrikaanse sakelui in die praktyk geïllustreer waarom 'n vryemarkstelsel eerder as sosialistiese tegnieke, die erge ekonomiese ongelykheid in Suid-Afrika kon aanspreek.

Keywords : Afrikaanse Handelsinstituut (AHI); Consultative Business Movement (CBM); demokratisering van besigheid; ekonomiese groei; Federated; gemeenskapsbetrokkenheid; gemeenskapsontwikkeling; "lydelike verset" van Afrikanersakelui; National African Federated Chamber of Commerce and Industry (Nafcoc); politieke mobilisering van sakelui; politieke rol van sakelui; politieke transformasie van Suid-Afrika; Rubicon-toespraak; sosiale opheffing; sosioekonomiese verantwoordelikheid; Stedelike Stigting; Suid-Afrikaanse sakegemeenskap; swart ekonomiese bemagtiging; vryemarkekonomie; vryemarkstelsel; Afrikaanse Handelsinstituut (AHI).

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License