SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2The local role of a Wellington Afrikaner Broederbond branch, 1937-1994Moving with the times in search of permanence: the digitization of "liberation struggle" archives in southern Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

HARRIS, Karen L.. Onderweg na "Waardigheidsdag": die Suid-Afrikaanse Chinese en historiese herdenkings. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.147-162. ISSN 2309-8392.

Soortgelyk aan baie ander gemarginaliseerde minderheidsgroepe in Suid-Afrika en regdeur die wêreld, het die Suid-Afrikaanse Chinese gemeenskap afgesonder en op die periferie van hoofstroom nasionale Suid-Afrikaanse herdenkings gebly. In teenstelling met ander gemarginaliseerde Suid-Afrikaners, het hierdie situasie egter van die ou Suid-Afrikaanse bedeling na die nuwe voortgegaan. Die verdeelde aard van nie net die Suid-Afrikaanse samelewing nie, maar ook van die Chinese gemeenskap self, tesame met die veranderende verhoudinge met die Republiek van China (op Taiwan) en die Volksrepubliek van China, is gedeeltelik verantwoordelik vir die hiaat. Terwyl die historiese mylpale van hulle teenwoordigheid in Suid-Afrika nie herdenk is nie, was dit die erkenning van hulle status as "swart" wat 'n betekenisvolle feestelike herdenking ingelui het. In Junie 2009 het Pretoria se Chinese Vereniging "Dignity Day" (Waardigheidsdag) gevier om die eerste herdenking van hulle oorwinning in Pretoria se hooggeregshof te herdenk. Na meer as 'n eeu van diskriminasie sedert die aankoms van hulle voorvaders, het die Suid-Afrikaanse Chinese gemeenskap 'n suksesvolle regstryd teen vier ministeriële departemente onderneem om hulle uitsluiting van die Wet op Gelyke Indiensneming No. 55 van 1998 en die Breë-Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging Wet No. 35 van 2003 teen te staan. Hierdie artikel fokus op hierdie gebeurtenis, maar kyk ook terselfdertyd na die mylpale in die geskiedenis van die Chinese in Suid-Afrika, wat tot op hede ongevier gebly het.

Keywords : Regstellende aksie; Breë basis swart ekonomiese bemagtiging; gelyke indiensneming; herdenking; minderheidsgroep; mylpale; post-apartheid; regstellende aksie; Suid-Afrikaanse Chinese gemeenskap.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License