SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2Dealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott"The local role of a Wellington Afrikaner Broederbond branch, 1937-1994 índice de autoresíndice de assuntospesquisa de artigos
Home Pagelista alfabética de periódicos  

Serviços Personalizados

Artigo

Indicadores

Links relacionados

  • Em processo de indexaçãoCitado por Google
  • Em processo de indexaçãoSimilares em Google

Compartilhar


Historia

versão On-line ISSN 2309-8392
versão impressa ISSN 0018-229X

Resumo

KIRKALDY, Alan. Klaas Koen: identiteit en behorendheid in die Berlynse Sendinggenootskap tydens die laat neëntiende eeu. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.99-120. ISSN 2309-8392.

Klaas Koen was die eerste Suid-Afrikaans gebore sendeling van die Berlynse Sendinggemeenskap. Vanuit die perspektief van die sendingowerheid was hy 'n ideale advertensie vir hulle werksaamhede in die land. Volgens die heersende denke van die tyd sou sy Khoisan-afkoms hom moes verdoem het tot 'n lewe van "bose stompsinnigheid en... allerlei heidense sondes en skandes". Luidens die interpretasie van die Sendinggenootskap sou sy Christelike wedergeboorte egter tot gevolg gehad het dat hy nougeset vir die genootskap bly werk het en tot die dood toe getrou was. Hy is vereer in 'n traktaatjie sowel as ander tekste wat deur die genootskap uitgegee is. Aangesien die verslae wat deur die sendelinge in die veld aan hulle hoofkwartier gestuur is, streng aan 'n bepaalde formaat voldoen het, is dit moeilik om te agterhaal wat Koen moontlik self oor sy lewe en sy werksaamhede gedink het. Hierdie artikel ondersoek Koen se lewensgeskiedenis en die redes vir die wyse waarop die Sendinggenootskap hom behandel het, oor hom geskryf het, en hom herdenk het. Dit doen ook moontlike redes aan die hand vir die keuses wat hy gemaak het. Daar word afgesluit met 'n bespreking van bepaalde aspekte van sy nadoodse identitieit.

Palavras-chave : Afkoms; Berlynse Sendinggenootskap; biografie; Christendom; stand en sending; bekering; Emilie Lehn; Georgenholtz; Haarlemse Sendingstasie; identiteit; Khoisan; Klaas Koen; sendelinge; sendelingtekste; anders-maak; Piëtisme; vooroordeel; slaweafkoms; Vendaland; Vhavenda.

        · resumo em Inglês     · texto em Inglês     · Inglês ( pdf )

 

Creative Commons License Todo o conteúdo deste periódico, exceto onde está identificado, está licenciado sob uma Licença Creative Commons