SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2Dealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott"The local role of a Wellington Afrikaner Broederbond branch, 1937-1994 índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392
versión impresa ISSN 0018-229X

Resumen

KIRKALDY, Alan. Klaas Koen: identiteit en behorendheid in die Berlynse Sendinggenootskap tydens die laat neëntiende eeu. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.99-120. ISSN 2309-8392.

Klaas Koen was die eerste Suid-Afrikaans gebore sendeling van die Berlynse Sendinggemeenskap. Vanuit die perspektief van die sendingowerheid was hy 'n ideale advertensie vir hulle werksaamhede in die land. Volgens die heersende denke van die tyd sou sy Khoisan-afkoms hom moes verdoem het tot 'n lewe van "bose stompsinnigheid en... allerlei heidense sondes en skandes". Luidens die interpretasie van die Sendinggenootskap sou sy Christelike wedergeboorte egter tot gevolg gehad het dat hy nougeset vir die genootskap bly werk het en tot die dood toe getrou was. Hy is vereer in 'n traktaatjie sowel as ander tekste wat deur die genootskap uitgegee is. Aangesien die verslae wat deur die sendelinge in die veld aan hulle hoofkwartier gestuur is, streng aan 'n bepaalde formaat voldoen het, is dit moeilik om te agterhaal wat Koen moontlik self oor sy lewe en sy werksaamhede gedink het. Hierdie artikel ondersoek Koen se lewensgeskiedenis en die redes vir die wyse waarop die Sendinggenootskap hom behandel het, oor hom geskryf het, en hom herdenk het. Dit doen ook moontlike redes aan die hand vir die keuses wat hy gemaak het. Daar word afgesluit met 'n bespreking van bepaalde aspekte van sy nadoodse identitieit.

Palabras clave : Afkoms; Berlynse Sendinggenootskap; biografie; Christendom; stand en sending; bekering; Emilie Lehn; Georgenholtz; Haarlemse Sendingstasie; identiteit; Khoisan; Klaas Koen; sendelinge; sendelingtekste; anders-maak; Piëtisme; vooroordeel; slaweafkoms; Vendaland; Vhavenda.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License Todo el contenido de esta revista, excepto dónde está identificado, está bajo una Licencia Creative Commons