SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2Dealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott"The local role of a Wellington Afrikaner Broederbond branch, 1937-1994 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

KIRKALDY, Alan. Klaas Koen: identiteit en behorendheid in die Berlynse Sendinggenootskap tydens die laat neëntiende eeu. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.99-120. ISSN 2309-8392.

Klaas Koen was die eerste Suid-Afrikaans gebore sendeling van die Berlynse Sendinggemeenskap. Vanuit die perspektief van die sendingowerheid was hy 'n ideale advertensie vir hulle werksaamhede in die land. Volgens die heersende denke van die tyd sou sy Khoisan-afkoms hom moes verdoem het tot 'n lewe van "bose stompsinnigheid en... allerlei heidense sondes en skandes". Luidens die interpretasie van die Sendinggenootskap sou sy Christelike wedergeboorte egter tot gevolg gehad het dat hy nougeset vir die genootskap bly werk het en tot die dood toe getrou was. Hy is vereer in 'n traktaatjie sowel as ander tekste wat deur die genootskap uitgegee is. Aangesien die verslae wat deur die sendelinge in die veld aan hulle hoofkwartier gestuur is, streng aan 'n bepaalde formaat voldoen het, is dit moeilik om te agterhaal wat Koen moontlik self oor sy lewe en sy werksaamhede gedink het. Hierdie artikel ondersoek Koen se lewensgeskiedenis en die redes vir die wyse waarop die Sendinggenootskap hom behandel het, oor hom geskryf het, en hom herdenk het. Dit doen ook moontlike redes aan die hand vir die keuses wat hy gemaak het. Daar word afgesluit met 'n bespreking van bepaalde aspekte van sy nadoodse identitieit.

Keywords : Afkoms; Berlynse Sendinggenootskap; biografie; Christendom; stand en sending; bekering; Emilie Lehn; Georgenholtz; Haarlemse Sendingstasie; identiteit; Khoisan; Klaas Koen; sendelinge; sendelingtekste; anders-maak; Piëtisme; vooroordeel; slaweafkoms; Vendaland; Vhavenda.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License