SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 número2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without endDealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott" índice de autoresíndice de materiabúsqueda de artículos
Home Pagelista alfabética de revistas  

Servicios Personalizados

Articulo

Indicadores

Links relacionados

  • En proceso de indezaciónCitado por Google
  • En proceso de indezaciónSimilares en Google

Compartir


Historia

versión On-line ISSN 2309-8392

Resumen

MARX, Christoph. Van trusteeskap tot selfbeskikking: L.J. du Plessis se apartheidsdenke en sy botsing met H.F. Verwoerd. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp. 50-75. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel ontleed die botsing tussen L.J. du Plessis van die Universiteit van Potchefstroom en Hendrik Verwoerd, die Suid-Afrikaanse eerste minister, gedurende die 1950's. Die botsing het gehandel oor die kwessie of apartheid, soos dit deur Verwoerd toegepas is, regverdigbaar was. Du Plessis het tot die slotsom gekom dat apartheid net regverdigbaar sou wees as dit aan swartes 'n ware geleentheid vir selfbeskikking sou bied. Gedrewe deur sy Calvinistiese oortuiginge en besiel deur die proses van dekolonisasie in Afrika, het hy aangedring op onderhandelinge met die politieke leiers van swart Suid-Afrika, insluitend dié van die ANC. Die Calvinistiese leerstelling van regverdiging verduidelik waarom Du Plessis as 'n lid van die Ossewabrandwag se Grootraad gedurende die 1940's, 'n voorstander vir gesprekvoering met swartes was. As 'n vurige kulturele nasionalis, het hy in gemeenskappe geglo; hy het individualisme en parlementêre demokrasie verwerp. Sy groeiende kommer oor die toekoms van die Afrikaner het tot gevolg gehad dat hy bereid was om die apartheidsbeleid op te offer. Die Nasionale Party en Verwoerd het sy voorstelle verwerp. Du Plessis is verstoot en uit die party gesluit. Oplaas het hy as 'n teleurgestelde uit die Afrikaner Broederbond, waarvan hy eens voorsitter was, bedank.

Palabras clave : Afrikaner Broederbond; Afrikanernasionalisme; apartheid; Calvinisme; H.F. Verwoerd; intellektuele geskiedenis; kritiek op apartheid; kulturele nasionalisme; L.J. du Plessis; Nasionale Party; onafhanklikheidsbeweging in Afrika; Ossewabrandwag; parlementêre demokrasie; politieke tweespalt; Universiteit van Potchefstroom; verstoting.

        · resumen en Inglés     · texto en Inglés     · Inglés ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License