SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.55 issue2The white concentration camps of the Anglo-Boer War: a debate without endDealing with a hot potato: the commemoration of the 1959 "Potato Boycott" author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Historia

On-line version ISSN 2309-8392
Print version ISSN 0018-229X

Abstract

MARX, Christoph. Van trusteeskap tot selfbeskikking: L.J. du Plessis se apartheidsdenke en sy botsing met H.F. Verwoerd. Historia [online]. 2010, vol.55, n.2, pp.50-75. ISSN 2309-8392.

Hierdie artikel ontleed die botsing tussen L.J. du Plessis van die Universiteit van Potchefstroom en Hendrik Verwoerd, die Suid-Afrikaanse eerste minister, gedurende die 1950's. Die botsing het gehandel oor die kwessie of apartheid, soos dit deur Verwoerd toegepas is, regverdigbaar was. Du Plessis het tot die slotsom gekom dat apartheid net regverdigbaar sou wees as dit aan swartes 'n ware geleentheid vir selfbeskikking sou bied. Gedrewe deur sy Calvinistiese oortuiginge en besiel deur die proses van dekolonisasie in Afrika, het hy aangedring op onderhandelinge met die politieke leiers van swart Suid-Afrika, insluitend dié van die ANC. Die Calvinistiese leerstelling van regverdiging verduidelik waarom Du Plessis as 'n lid van die Ossewabrandwag se Grootraad gedurende die 1940's, 'n voorstander vir gesprekvoering met swartes was. As 'n vurige kulturele nasionalis, het hy in gemeenskappe geglo; hy het individualisme en parlementêre demokrasie verwerp. Sy groeiende kommer oor die toekoms van die Afrikaner het tot gevolg gehad dat hy bereid was om die apartheidsbeleid op te offer. Die Nasionale Party en Verwoerd het sy voorstelle verwerp. Du Plessis is verstoot en uit die party gesluit. Oplaas het hy as 'n teleurgestelde uit die Afrikaner Broederbond, waarvan hy eens voorsitter was, bedank.

Keywords : Afrikaner Broederbond; Afrikanernasionalisme; apartheid; Calvinisme; H.F. Verwoerd; intellektuele geskiedenis; kritiek op apartheid; kulturele nasionalisme; L.J. du Plessis; Nasionale Party; onafhanklikheidsbeweging in Afrika; Ossewabrandwag; parlementêre demokrasie; politieke tweespalt; Universiteit van Potchefstroom; verstoting.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License